Recce Resepte: Vir Kos, die Bos, die Lewe

As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoëls en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, sê dié manne.

Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte-operateurs.

Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit ’n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om ’n leeu kaalhand van ’n karkas te verjaag. Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?

Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland.

Hulle verklap boonop hul unieke filosofie – bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding!

Of staan opsy, want die Recces kom verby.

Waarskuwing: Hoewel die meeste resepte eetbaar is, moet sommige nooit, ooit herhaal word nie.

Skrywer(s): Justin Vermaak & Douw Steyn

Uitgewer: Jonathan Ball Publishers

ISBN: 9781868427901

Gradering:

SKU: 1888 Category:

South African Book Stores

International Book Stores

  

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Recce Resepte: Vir Kos, die Bos, die Lewe”
Shopping Cart
Scroll to Top