Diedies

Andre Diedericks, ook genoem en bekend as Diedies het vir 21 jaar in die Suid Afrikaanse Weermag gedien waarvan 19 jaar in die Suid Afrikaanse Spesiale Magte. Hy was ‘n uitstekende soldaat met ‘n uitmuntende loopbaan in die Weermag en een van die mees ervare maar ook mees erkende Spesiale Magte operateurs. By twee geleenthede ontvang hy die Honorus Crux dekorasie vir dapperheid. Hy het ‘n intuitiewe aanvoeling gehad vir diep strategiese verkenningsoperasies agter vyandelike linies en het later ‘n groot aandeel gehad in die totstandkoming van kleinspan operasies binne Spesiale Magte. Voorwaar n rolmodel of ikoon van karakter, toewyding en professionaliteit. Hy het die Weermag in 1994 verlaat met die rang van Kolonel en hierna by verskeie besigheidsgeleenthede steeds ‘n groot impak gehad as leier en mentor.

Callie Roos en Diedies se paaie kruis net na Operasie Savannah in Angola in 1976. Hierna word Callie ook ‘n lid van Spesiale Magte. Later sou hul paaie weer kruis by die Suid Afrikaanse Leerkollege waar hy die Kapelaan was en Diedies, ‘n student op die Leër se bevel-en-staf kursus.

Callie verlaat die Weermag in 1999 met die rang van Kolonel waar hy dienend was in die kantoor van die Kapelaan-Generaal. Hierna het hy ‘n eie onderneming begin wat besighede fasiliteer vir groei rondom, leierskapsdenke, bestuursvaardighede en span intervensies. Die intervensies speel uit teen die dekor van n geoptimiseerde vloeimodel waar hy terugspeel op al sy ervaringe in die Spesiale Magte en dan sy besondere voorliefde vir die natuur, spoorsny en oorlewing.

Hierdie boek, getiteld Diedies, omvou die laaste stil gesprekke tussen een van die planeet se grootste spelers en dan myself. By beide van ons, ‘n stuk verwondering oor die geleenthede wat die lewe ons gebied het. Dit is 20 jaar na sy dood en die lewensreis beur voort vir beide van ons. Net anders.

Skrywer(s): Callie Roos

Uitgewer: Reach Publishers

ISBN: 9781776366804

Te koop by: https://www.callieroos.com/shop.php

SKU: 4616 Category:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Diedies”
Shopping Cart
Scroll to Top