Recce Stories saam met AfriForum

Event Date:

November 2, 2023

Event Time:

7:00 pm

Event Location:

Vredenheim Wynplaas

Die gemeenskapsveiligheidsportefeulje van AfriForum se Stellenbosch-tak is die trotse gasheer vir die Recces van Fort Goeie Hoop. Kom geniet ’n aand van interessante verhale oor die Grensoorlog saam met die Recces. Koop ’n kaartjie en kuier op 2 November saam met ons by die Vredenheim-wynplaas om na Johan Hechter se aanbieding van Operasie Drosdy te luister. Johan het ’n kardinale rol gespeel in die verkenning asook as aanvalsduiker tydens die uitvoer van dié operasie.

In die 1980’s tydens die Koue Oorlog het Suid-Afrika ’n belangrike rol gespeel in streekskonflikte in gebiede soos Angola. Operasie Drosdy in 1986 was ’n uitstaande gebeurtenis wat die grootste seevervoerde operasie behels het wat deur Suid-Afrika se spesiale magte uitgevoer is, ondersteun deur die grootste geheime ontplooiing van vaartuie van die Suid-Afrikaanse Vloot.

Die sukses van die Operasie Drosdy het internasionaal aandag getrek – tot by die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad! Dit het ook die bynaam Operation Sea Fox van die Sowjetunie gekry, wat deur sommige as die mees suksesvolste aanvalsduikoperasie sedert die Eerste Wêreldoorlog teen die Sowjetunie beskou is. Operasie Drosdy het ’n blywende impak op Suid-Afrika se militêre geskiedenis gelaat en beklemtoon die Koue Oorlog se intensiteit, streekskonflikte en die uitsonderlike vermoëns van sy spesiale magte.

Daar sal ook geleentheid wees om AfriForum se Stellenbosch-tak en hul gemeenskapsveiligheidsportefeulje beter te leer ken.

Gaste is welkom om hul eie eet- en drinkgoed te bring. Die aanbieding is in Afrikaans. 

Sorry, this event is expired and no longer available.

Event Location:

  • Vredenheim Wynplaas
  • Stellenbosch

Event Schedule Details

  • November 2, 2023 7:00 pm   -   10:00 pm
Share This Events:
Add Calendar
Shopping Cart
Scroll to Top