Kloppies: Die Verhaal van `n Recce Operateur

Enigiemand wat as ‘n Suid-Afrikaanse RECCE gedien het, sal die legendariese recce-operateur alom en liefdevol bekend as “Kloppies” geken of van gehoor het.

Jacob Schalk Kloppers het by die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) in die Bosoorlog in Angola en Suidwes-Afrika gedien en sy persoonlike memoires, saamgestel deur die historikus en skrywer Peet Coetzee, is gebaseer op aantekeninge en opgeneemde bande wat Kloppies voor sy dood op 19 Augustus 2016 gemaak het.

Kloppies was ‘n begaafde operateur. Hy was ‘n legende in RECCE kringe omdat hy absoluut vreesloos was. Hy was ook warmkop, koppig, snaaks en impulsief. Soos baie ander RECCES, kon hy altyd ‘n plan maak in haglike situasies. Die boek dek die talle missies en snaakse insidente waarvan Kloppies deel was, maar die missie wat hom definieer, is die een wat hom die Honorus Crux-medalje vir Dapperheid besorg het.

Hy het later ‘n motiveringspreker geword. Kloppies het die verhale van sy lewenservarings begin opneem, wat na sy dood, tesame met insette wat van verskeie vriende en kollegas ontvang is, uiteindelik tot hierdie boek uitgeloop het. Alhoewel dit in historiese konteks gesien moet word, is die boek vermaaklike leesstof wat geniet sal word deur enigiemand met ‘n gevoel vir avontuur het of wat in die Suid-Afrikaanse Weermag diens gedoen het.

Skrywer(s): Peet Coetzee

Uitgewer: Bush War Books

ISBN: 9780620943642

Gradering:

SKU: 1882 Category:

South African Book Stores

International Book Stores

  

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kloppies: Die Verhaal van `n Recce Operateur”
Shopping Cart
Scroll to Top