7 reviews for Vangnet: Memoir van Dr Mossie van der Merwe
You must be logged in to post a review.
Dr Plessies (Mossie) van der Merwe is `n Spesiale Magte operateur, ‘n HALO valskermspringer, `n militêre vlieënier en tans `n praktiserende tandarts in die Wes-Kaap.
Sy avontuurlustige leefstyl en passie vir die lugruim het hom handig te pas gekom as vlieënier vir die Flying Doctors (RFDS) in Australië. Hy het sy vlerke gesprei en het reeds meer as 40-jaar se ervaring as tandarts in Brittanje, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.
Nota: Om dié boek te bekom, kontak Dr Van der Merwe direk by dentiststandford@gmail.com of +27 66 331 8711
You must be logged in to post a review.
ampiedekock –
This is a excellent read . I agree with the respected author, a coffee table book the bitter and sweet collection of both his private life family , career and special Forces operator . Although in hid mother tongue, Afrikaans , it is easy to follow for a Englishman like me and the photos and excellent descriptions makes it an exciting adventure as the reader easily finds himself pretty much amidst every page that unfolds . It is specked with enough humour and is quite different from most books of War . Congratulations Captain Mossie van der Merwe . I thoroughly enjoyed every page . Well done ! God Bless you and your beautiful family .
franzmouton –
Die leersame lewensverhaal van Dr. Kapt. Mossie van der Merwe. ’n Boeiende ontdekkingsreis van ongekroonde helde en ’n ware gelykenis van dapperheid; ’n gids vir die lewe.
johangreyling1 –
Ongelooflike omvang van die bosoorlog en spesiale operasies in Angola. Uitmuntend geskryf asook detail uit die perspektief van ‘n RECCE, sy gesinslewe, kindertyd, jonkwees, en die ‘vangnet’ wat hierdie spesiale soldate in opgeraap is.
gerrievandemerwe –
Indrukwekende en meesleurend. Die boek trek jou stadig maar seker in en raak moeilik om neer te sit. Dit bied ‘n baie goeie blik op die gebeure, die drame, die tydgees en die manne wat ons elite spesiale magte gevorm het. Dit help die leser begryp watter soort mens die verantwoordelikheid aanvaar het om in die heel voorste linies ons land te beveilig. Die mens agter die soldaat word sigbaar. Die pyn, verlies en trauma, maar ook die vreugde van sukses word uitgelig. Dankie Dr. Kaptein Mossie vir hierdie kosbare stukkie geskiedenis.
chrisboonzaaier1 –
Vangnet is die herinneringe van Recce kaptein Mossie van der Merwe se belewenisse, ervarings en gevare as spesialisoperateur in 2 Vekenningskommando tydens die Bosoorlog (Grensoorlog) wat oor meer as twee dekades in die noorde van die destydse Suidwes Afrika en Angola gewoed het. As sodanig is hierdie outobiografie die eerste wat deur enige Verkenningsoldaat gepubliseer is. Dit gee aan die algemene publiek ’n kykie in die lewe van wat hierdie jong soldate vir hulle vaderland opgeoffer het. Baie het nie teruggekeer nie en ander moes as verminktes weer sin probeer maak van die lewe.
Die byna bomenslike eise wat tydens keuring in die Swartberge van die Oos-Kaap gestel word, laat ‘n mens in verwondering oor die deursettingsvermoë en durf van hierdie manne. Die syfers illustreer hierdie stelling. Slegs 8 van die aanvanklike groep van 253 wat hierdie keuring begin het, het dit geslaag – ’n skamele 3,2 persent wat ’n goeie aanduiding is van nie net die fisiese nie maar ook emosionele eise wat gestel is.
Alhoewel hierdie outobiografie die uiters boeiende verhaal van die outeur se belewenisse en herinneringe in die operasionele gebied is, tref sy nederigheid en menslikheid telkens. Daar is geen poging om homself as super held voor te stel nie. Die outeur erken duidelik die rol wat familielede, vriende en kollegas gespeel het ter ondersteuning van sy rol (en sukses) as spesialisoperateur. Sy grootword jare in Windhoek, sy sportprestasies en sy opname in die Huntergroep (die voorloper van Spesiale Magte) asook geestelike beginsels word aangeraak wat aan die boek ’n eg menslike kleur gee. In die proses handhaaf die outeur ’n besonder goeie balans tussen sy lewe as operateur en die rol wat veral familielede gespeel het in sy vorming as soldaat en mens. Alhoewel enige ervaringe van hierdie aard subjektief gekleur sal wees, slaag die outeur nogtans daarin om die groter prentjie te skets waarbinne al die operasies uitgevoer is. Op behendige wyse slaag die outeur telkens daarin om homself op die agtergrond te skuif en homself as een van die makkers voor te doen. Op die wyse is die boek ‘n bron van feite kennis wat voorkom dat die leser op enige oomblik aan die geloofwaardigheid en egtheid van die outeur en sy ervaringe twyfel.
Vir enige buitestaander en oudsoldaat wat in die Bosoorlog betrokke was, word hierdie boek sterk aanbeveel. Aangesien hierdie boek met waarhede omgaan en deur ’n persoon aangebied word wat persoonlik deur die smeltkroes gegaan het, kan daar geen twyfel wees dat hierdie boek deur die meeste lesers geniet sal word maar ook tot nadenke sal stem nie. Die boek word uitgegee deur Corals Publishers (corals @worldonline.co.za).
Chris Boonzaaier (25A Briekslinger Place, Wapadrand, Pretoria.)
pmgeorge57 –
A story of survival during the total onslaught.
The book is based on the experiences of the author over his life time in the special forces.
I would recommend this book to anybody interested un what happened during the war years of South Africa
gavinwithers –
I am about two thirds of the way through this incredibly well put together coffee table book. It is written in Afrikaans but it is very easy to read. I drove through to meet with Dr Van Der Merwe to get my book signed. What a passionate man. Everything you see when meeting with him is transferred into his book. A Doctor, a pilot, he served with the Rhodesian D Squadron SAS, an operator with the SADF special forces, a husband and a father. This book guides you through his life and tells your his stories in his own words. His Special Forces operator number is 007. Maybe he is the real James Bond? This is a must have book to have in your collection or library.